In stede van die liefde

Fiction & Literature
Cover of the book In stede van die liefde by Etienne van Heerden, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Etienne van Heerden ISBN: 9780624068723
Publisher: Tafelberg Publication: December 30, 2013
Imprint: Tafelberg Language: Afrikaans
Author: Etienne van Heerden
ISBN: 9780624068723
Publisher: Tafelberg
Publication: December 30, 2013
Imprint: Tafelberg
Language: Afrikaans

Dié roman is ’n wydlopende werk wat hom veral in Seepunt, Stellenbosch en Matjiesfontein afspeel. Maar die kring word wyer getrek om onder meer verskeie Europese lande en Zimbabwe in te sluit. Seepunt en Stellenbosch is die ruimtes waarin veral een van die hoofkarakters, Christian, beweeg. Hy is ’n internet-kunshandelaar van beroep, maar hy soek iets méér in die lewe; deel van sy bestaan word geheim gehou van sy gesin… soos byvoorbeeld sy kokaïne-verslawing, en sy woonstel in een van Seepunt se meer obskure buurte. Sedert verskeie hartomleidings, en ook nadat hy deur Kaapse bendelede geteiken is, het sy lewe toenemend gekompliseerd – én interessant – begin raak. Ewe enigmaties is sy vrou, Christine, wie se vreemde verlede voortdurend op haar hede bly inspeel. En op Matjiesfontein is daar ’n amper magiese wedvlugduif-kultuur, wat soos ’n goue draad deur daardie sameleweling loop. Eksentrieke maar uiters geloofwaardige karakters kom hier aan die bod. Daar is bv. die geheimsinnige hotelbestuurder, selfopgeleide hipnotis, wat verskillende personas bevolk: hy is Arendjan, Raspoetin, Rudyard Kipling. Al die hoede pas. En Miss Edelweiss, musiekonderwyseres wat die vlaktes met haar metaalverklikker bewandel. En Johnny, die deurwag met die immer-wit handskoene, wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Op vernuftige wyse word die twee verhaallyne met mekaar versoen, onder meer deur die bruin meisie Saartjie... sy wat eendag ’n viool optel en asof besiel daarop begin speel. Daar en dan word sy herdoop tot “Snaartjie”, en haar lewe word onlosmaaklik verstrengel met die ander Matjiesfonteiners s’n. Wanneer sy ontvoer word – of het sy weggeloop? – begin ’n intrige ontvou wat al drie ruimtes in die storie op vernuftige wyse oormekaar laat skuif. Van Heerden se roman is ’n absolute kragtoer, en beloof om ’n baie wye leesgehoor te trek.

More books from Tafelberg

Cover of the book Ettie Bierman Keur 6 by Etienne van Heerden
Cover of the book Anna Atoom en die magnetiese meermin by Etienne van Heerden
Cover of the book Where the heart is by Etienne van Heerden
Cover of the book Skynglans van die maan by Etienne van Heerden
Cover of the book Die winskopie by Etienne van Heerden
Cover of the book Melodie Omnibus 3 by Etienne van Heerden
Cover of the book Dogtective William in New York by Etienne van Heerden
Cover of the book Speurhond Willem in New York by Etienne van Heerden
Cover of the book Melodie Omnibus 1 by Etienne van Heerden
Cover of the book Satan van Zimbabwe by Etienne van Heerden
Cover of the book Onder die radar by Etienne van Heerden
Cover of the book Ettie Bierman Keur 10 by Etienne van Heerden
Cover of the book A Time Traveller's Guide to Our Next Ten Years by Etienne van Heerden
Cover of the book Vuur van verlange by Etienne van Heerden
Cover of the book Lelie van die laagte by Etienne van Heerden
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy